Amor Vittone het duidelik haar merk in die vermaaklikheidsbedryf gemaak. As hoofmeisie van haar hoërskool het sy uitgeblink in sport en die akademie. Sy het haar Honeurs-graad in Kommunikasie (cum laude) aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal en sy was n vorige Mej. Johannesburg. Vir sewe agtereenvolgende jare was Amor die Suid Afrikaanse klopdans en modernedans kampioene. Hierdie talent het sy goed gebruik in “West Side Story”, wat opgevoer is in die Staatsteater, Richard Loring se produksie “Girl Talk”, “Strictly Tap dance fever” (Joburg Theatre) waar sy opgetree het as gaskunstenaar in die oorsese produksie en “Streets of Gold” (Lyric teater)
Haar debuut album, Wild Cherry Kisses is in 1998 vrygestel deur EMI. Dance in Colours en Young Forever het gevolg. In Februarie 2005 is haar vierde album, amor vrygestel deur Gallo Music Record Company. Amor se eerste Afrikaanse album Voluit is in September 2006 vrygestel deur Select musiek.
Hierdie album het binne 6 maande goue status bereik (meer as 20,000 eenhede verkoop) en Amor was ook genomineer vir n SAMA toekenning in die kategorie Beste Afrikaanse pop album. Sy was die enigste vroulike kunstenaar benoem in die kategorie. Die video van Voluit Lewe het ook gedurende Mei 2007 n toekenning ontvang as die beste Afrikaanse DVD tydens die Afrikaanse musiektoekenning in S.A. Amor is ook benoem vir n Crystal toekenning in die kategorie Hottest S.A. artist gedurende Junie.
Vir die Huisgenoot Tempo toekennings is Amor genomineer in die kategorie, gunsteling vroulike kunstenaar en Voluit Lewe is benoem as gunsteling liedjie van die jaar. Ook in die Vonk musiektoekennings is Amor genomineer as beste vroulike kunstenaar van 2007.
“Glo altyd aan more” is in September 2009 vrygestel. Hierdie album is opwindend luisterryk, met aangename stemwerk, sielslirieke en opkikkerende melodiee. Amor is die spieelbeeld van energie, vreugde en oorwinning en die album is gestempel op hoop, positiewe sterkte en ‘n aangename lewenskalmte. Amor is tans besig om haar sewende album op te neem met Maroela Musiek. (Bron: www.amor.co.za)
Bookings essential
If you have any inquiries regarding the shows, don't hesitate to email or phone us.
Fees : R 120.00 p.p.
Event Categories: Events.